BMX-ry vat vlam in Paarl
2005-08-11
DIE gewildheid van BMX-fietsry in die Paarl is aan die toeneem, danksy ’n reeks klinieke wat tans aangebied word.
BMX-ryers van alle ouderdomme word Sondae touwys gemaak deur lede van die Boland Fietsry-unie, waarna die ryers dit wat hulle geleer het, in ’n wedren kan toepas.
Gerville “Nokia” Sias van Noorder-Paarl Sekondêr het altwee dié wedrenne gewen wat onlangs aangebied is.
Hy het goeie teenstand gekry van Heinrich Swarts en Rijaad Baker (Weltevrede Sekondêr) wat onderskeidelik tweede en derde gekom het.
In die jonger afdeling het Michael Sass van Orleansvale Primêr koning gekraai. Hy is gevolg deur Bradwin Daniels (Ebenezer Primêr) en Leno Heyns (Paulus Joubert Primêr).
Die volgende wedren en kliniek vind Sondag om 14:30 in Bergvlietstraat (agter die Paarl Verkeersentrum) plaas. Vir navrae, skakel Peter Daniels by 083-316-5907.
More
News
|