Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sport-naweek eindig tragies

Sport-naweek eindig tragies
 
2009-05-14


’n NAWEEKUITSTAPPIE na Hoër Jongenskool se jaarlikse sport-derby teen Grey Kollege in Bloemfontein, het tragies geëindig vir ’n gesin van die Paarl.

Bekende sakeman Riël Bartleman het saam met ’n groep Boishaai-ondersteuners na die Rosestad gevlieg, om sy seuns te ondersteun in hul sportwedstryde.

Welman (16) en Malan (14) het saam met die res van die skool per trein gereis.

Met sy terugkeer Sondag, het hy borspyne beleef terwyl hy in die ry gestaan het om aan boord van die vliegtuig te gaan. Hy het inmekaar gesak en gesterf aan ’n hartaanval.

Hy word oorleef deur sy vrou, dr Rentia Bartleman, en nog ’n seun TW (19).

Sy begrafnis vind vandag om 10:00 plaas uit die Afrikaanse Protestantse Kerk op Wellington.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za