Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drie dood onder wiele

Drie dood onder wiele
 
2009-05-14

Lise Beyers

DRIE mense het die afgelope naweek grusaam gesterf toe hulle onder die wiele van voertuie beland het.

Vrydagmiddag moes pendelaars in Lady Greystraat toekyk hoe ’n man vooroor val en reg onder die wiele van ’n bus beland. Die voertuig het oor hom gery en April Philander is op slag dood.

Die busbestuurder het vertel dat hy glad nie die man gesien het nie, maar het net gevoel dat hy oor iets ry.

’n Ooggetuie het beweer dat die man deur iemand gestamp is terwyl hy die pad oorgesteek het in die rigting van die taxistaanplekke in Nuwestraat.

Die bestuurder van die bus was so geskok deur die voorval, dat hy na Paarl Hospitaal geneem moes word vir behandeling.

* Vrydagaand is ’n man dood in Tinktinkiestraat, Amstelhof, toe hy op die sypaadjie agter die wiel van ’n vragmotor aan die slaap geraak het.

Gordon Williams (41), het vermoedelik saam met ’n vriend daar naby gedrink vroeër die aand. Williams het gesê dat hy wou gaan slaap, en het agter die vragmotor ingekruip.

Later die aand het die eienaar van die vragmotor die voertuig aangeskakel en agteruit gery. Hy was onbewus daarvan dat iemand agter die voertuig slaap.

Williams is op slag dood

* Sondagmiddag het die noodlot weer getref, dié keer in Simondium.

Hier het ’n 55-jarige man reg voor ’n aankomende voertuig ingeloop naby Paarl Kwekery, en is op die toneel dood. Die bestuurder van die motor het geen ernstige beserings opgedoen nie.

* Onlangs is ’n man ook in Hoofstraat, Wellington doodgery. Op Sondagmiddag 2 Mei is Freddy Engelbrecht (52) deur ’n motor getref terwyl hy op sy fiets gery het naby Wellington Paint & Hardware.

Die bestuurder van die motor het weggejaag, maar is dieselfde aand in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het van ooggetuies. Roger Fredericks is in hegtenis geneem.

* Various pedestrians have died on local roads.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za