DIE Kunsvereniging Stellenbosch bied ’n tekenkursus in Paarl aan van 16 Mei tot 20 Junie elke Saterdagoggend van 09:00 tot 11:30 in die Jack Meyer Kunssentrum.
Kunsonderwyseres Marieke Kruger sal dit aanbied. Die kursus sluit in basiese teken, met die klem op verskillende tegnieke en tekenmedia soos houtskool, pastel, potlood, en pen en ink. Die tema is landskappe.
Die kursus kos R390. Bespreek by kunsartstel@sun.ac.za of by Reza by 082-491-2724 voor 13 Mei (’n deposito van R50 word verlang). Daar is ook die geleentheid vir talentvolle persone uit die gemeenskap om deur die Kunsvereniging geborg te word. Kontak Hettie de Klerk by 082-447-214 teen Maandag 11 Mei.