Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Parkeermeters is wit olifante

Parkeermeters is wit olifante
 
2009-05-14

Sieb Sieberhagen

MOTORISTE wat van parkeermeters in Lady Greystraat en ander parkeerareas gebruik maak, sit met ’n kopseer of drie. Óf die meters werk nie, of die parkeerplek-nommer, wat op die teerblad geverf is, is nie sigbaar nie.

En dan natuurlik die groot probleem: die meters werk nie met muntstukke nie. Dit is nie net vir vinnig parkeer, ’n muntstuk ingooi en klaarkry nie. Muntstukmeters is jare gelede verwyder aangesien vandale dit oopgebreek het om hulle self te help met kleingeld.

As jy nie ’n ADO meterkaart (natuurlik met krediet beskikbaar) by jou het nie, het jy ’n probleem.

Jy sal eers na die verkeersdepartement toe moet ry (as jy ’n besoeker is, sal jy dit eers moet soek), R35 minimum (met R10 krediet) opdok om ’n kaart aan te skaf, terugry en dan met baie geluk hoop om in dieselfde omgewing ’n parkeerplek te kry.

En dan moet jy hoop jy kan die meternommer wat op die grond aangebring is, lees, en dat die meter in ’n werkende toestand is.

Daarom ook so dat niemand van dié stelsel gebruik maak nie. Hierdie week het Paarl Post gaan ondersoek instel en ná verskeie toetse gevind dat niemand se parkeermeters gelaai was met tyd nie.

Verskeie winkeleienaars sê ook dat motors vir ure op dieselfde plek geparkeer staan en verkeersbeamptes wat parkeermeters nagaan, skaarser as hoendertande is.

“Jy kan gerus wees, niemand skryf hier kaartjies uit nie. Om nie eers te praat van die klomp geld wat die munisipaliteit spandeer het om die kaartstelsel te implimenteer nie,” het een winkeleienaar gesê.

Dit blyk ook dat motoriste hulle maar min steur aan die kaartstelsel, want in die afgelope jaar het die verkeersafdeling net 20 kaarte verkoop.

Dit kan dalk wees dat die meeste motoriste reeds sulke kaarte besit wat dan met krediet aangevul word.

Soortgelyke stelsels word ook in verskeie dorpe in die Wes-Kaap gebruik.

Die meters word deur ACE Parking gediens en geadministreer. Slegs ADO-kaarte kan gebruik word.

Die kontrolering en boetes is veronderstel om deur die wetstoepassings-afdeling van die Munisipaliteit gedoen te word, het ’n woordvoerder van ADO gesê.

Elizabeth McKenzie, ’n motorwag wat reeds 9 jaar in Lady Greystraat op diens is, sê ook dat motoriste nie van die kaartstelsel gebruik maak nie.

“Maar die munisipaliteit kry blykbaar ’n nuwe skanderingstelsel. Die verkeersafdeling het al met my daaroor kom gesels,” sê sy.

Die Munisipaliteit kon nie-amptelik bevestig dat daar na ’n nuwe stelsel gekyk word. Mannekrag is blykbaar die groot probleem waarom die huidige stelsel nie werk nie.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za