Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel Villagers sukkel voort

Pniel Villagers sukkel voort
 
2009-05-14


PNIEL VILLAGERS kan ietwat ongelukkig wees dat hulle in hulle jongste tuiswedstryd teen Primrose met 8-12 vasgeval het.

Die besoekers moes hard werk vir dié oorwinning en die wendoel was aangeteken slegs twee minute voor die eindfluitjie geblaas het. Pniel het vir die grootste deel van die wedstryd met 8-5 voorgeloop.

Die rustydtelling was 8-0 in Pniel se guns.

Dit is egter nie ’n wedstryd wat lank onthou sal word nie aangesien beide spanne talle ongedwonge foute begaan het - ’n tipiese wedstryd van twee spanne wat heel onder aan die punteleer lê.

Die manne van Pniel sal egter baie gou hulle sokkies moet optrek indien hulle nie aan die einde van die seisoen gerelegeer wil word nie, want twee liga-punte ná vyf wedstryde is vir die ondersteuners maar ’n bitter pil om te sluk.

Vir die verloorspan het die kaptein Jamiel Ladouce ’n barshou gespeel. Ongelukkig het hy nie altyd die nodige ondersteuning van sy spanmaats gekry nie.

Verder het die tuisspan ook heelwat punte verbeur as gevolg van swak skopwerk na die pale.

Pniel se puntemakers was Ellroy Arendse (senter) met ’n drie, terwyl Riaan Windvogel met ’n strafdoel geslaag het.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za