Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses, Wellington behaal albei goeie seges

Roses, Wellington behaal albei goeie seges
 
2005-08-11


DIE plaaslike rugbyklubs van Wellington het Saterdag altwee met welverdiende seges hul dag afgesluit.

Op Pelikaanpark het Roses United onverwags maklik met Worcester Villagers afgereken nadat hulle verlede Saterdag vir Rawsonville ook 31-7 kaf gedraf het.

Die tuisspan moes sekerlik hul bedenkinge oor die besoekers gehad het, nadat Villagers die vorige Saterdag vir Wellington laat harde bene kou het.

Wellington kon egter ’n 35-28 oorwinning afdwing.

Maar terug by Saterdag en Roses se 24-8 sege oor die einste Villagers.

Die Wellingtonners se sukses was grootliks te danke aan die goeie werk van die voorry Ignatius Korabie, haker Alveso Faro en Franzel September.

Korabie wat gewoonlik op agsteman uitdraf, het na stut verskuif om van die jonger manne, wat Saterdag in die hoërskole-derby tussen Weltevrede en Bergrivier in aksie sal wees, meer blootstelling te gee.

Roses kon ’n bonuspunt verdien danksy die vier drieë deur Deon Williams (2), John Arnoldus en Brood Koerts.

Op Ceres het Wellington in ’n aanskoulike wedstryd vir Delicious 38-20 geklop.

Pieter Wium (haker) en Frankie Horne (flank) het voorlangs inklim-spel gelewer en baie besit en veld vir die besoekers gewen.

Agterlangs was dit JD de Bruin (senter) en Theuns Stoffberg (losskakel) wat die oog gevang het.

Wellington se ses drieë is deur Horne (2), De Bruin (2), Wium en Bradley Langenhoven gedruk. Stoffberg het vier verdoel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za