Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions op wenpad

Albions op wenpad
 
2009-05-14


ALBIONS se eerste rugbyspan het die afgelope naweek die span van Macassar op laasgenoemde se tuisveld aangedurf.

Verskeie veranderinge aan die span van Albions het meegebring dat die Paarliete die wedstryd met nuutgevonde vuur aangedurf het en sodoende met 12-6 kon seëvier.

Met ongeveer 15 minute se speeltyd agter die rug, het goeie samespel deur Albions se voorspelers daartoe gelei dat die debutant-steelkantflank, Alwyn Williams, agter die doellyn kon gaan kuier vanaf ’n lynstaan-dryfbeweging.

Met die telling op 5-0 in Albions se guns, was die voorlopers se senters, Jowaine Cyster en Enrico Petersen, ysters op die verdediging. Albions het egter kort voor rustyd ’n strafskop afgestaan om die telling na 5-3 te laat krimp.

In die tweede helfte het Macassar nog ’n strafskop gekry wat hulle vir ’n wyle met 6-5 laat voorloop het, maar Albions het erwoed aangeval en Jowaine Cyster kon die wen-drie gaan druk. Curtley Davids het dié drie verdoel om die eindtelling 12-6 te maak.

Albions sekaptein Lincoln du Preez (skrumskakel) aangewys as speler van die wedstryd vanweë sy verantwoordelikheid vir die uitstekende samespel tussen die voor- en agterspelers.

Albions se tweedes en derdes het onderskeidelik met 15-28 en 0-6 vasgeval.

Dié Saterdag speel die Paarliete op die Boy Louw-sportgronde teen Silverleafs.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za