Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses United pak Wellington

Roses United pak Wellington
 
2009-05-14


ALLE paaie lei eerskomende Saterdag na Wellington, waar Roses United en Wellington mekaar in ’n derby-wedstryd sal pak.

Die wedstryd word op Wellington se tuisveld (Boland-stadion se B-veld) beslis.

Die Rose het verlede week met 18-24 teen Worcester Villagers verloor en sal vir seker wil vergoed vir hierdie nederlaag.

Soos nou al soveel keer hierdie seisoen die geval was, het oorgerustheid en swak konsentrasie weereens gelei tot die Rose se nederlaag.

Die Rose sal Saterdag moet waak teen oorgerustheid en gebrekkige konsentrasie, aangesien hulle nou al ’n paar wedstryde verloor het, nadat hulle teen rustyd gerieflik voorgeloop het.

Die Roses se afrigter, Abe Davids, het na afloop van die wedstryd sy spelers behoorlik geroskam vir die gebrek aan intensiteit en konsentrasie gedurende die laaste twintig minute van die wedstryd teen Worcester Villagers.

Volgens Davids verwag hy ’n beter poging van sy manne by Saterdag se derby.

Die Rose se pak voorspelers, met Ignatius Korabie aan die spits, speel vanjaar kookwater-rugby. Davids is egter lugtig vir die buurspan wat self oor ’n goeie pak voorspelers beskik.

Die Rose sal veral Wellington se kaptein, Morné Coetzee, wat gewoonlik talle spanne op die agtervoet het met sy wegbreekslae om die skrum, stip moet dophou.

Agterlangs sal die Rose wil vergoed vir hul blapse van verlede week.

Tot op hede kon die Rose se agterlyn nog nie behoorlik aan die gang kom nie. Hopelik sal die intensiteit van Saterdag se derby-stryd net die ding wees wat die agterlyn tot groter hoogtes aanspoor.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za