Violets Rugbyklub toon karakter
2009-05-14
DIE eerste rugbyspan van Violets het baie karakter getoon deur van agter af terug te veg om hul wedstryd teen Simondium te beklink. Violets het met 22-10 geseëvier. Vroeg in die eerste minuut van die wedstryd het Brenton Anderson van Violets oorgeduik om sy span se eerste drie te behaal. Simondium het na tien minute met ’n strafdoel teruggeantwoord, maar met goeie agterlynspel het Tino Prins Violets se tweede drie aangeteken. Simondium het die laaste sê van die eerste helfte gehad toe hulle gedruk het om die rustydtelling 12-8 te maak, maar vir Violets moes daar harde woorde gewees het tydens die breuk. Met hul opponente wat skuldig was aan onnodige hanteerfoute, kon Violets se Anderson vir die tweede keer agter die kalklyn gaan kuier om die telling 19-8 te maak. Violets het daarna ’n strafdoel aangeteken om die eindtelling 22-12 te maak. Violets se tweedes het 13-6 gewen en die derdes het 7-25 verloor. Saterdag speel Violets teen Riverstones op die Daljosafat-stadion. Violets bied op 30 Mei ’n hoenderbraai aan te Gravystraat 36.
More
News
|