Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Riverstones klop kampioenspan

Riverstones klop kampioenspan
 
2009-05-14


RIVERSTONES se eerste rugbyspan het Saterdag min moeite ondervind om die huidige Paarl-streekkampioen, Windmeul United, met 25-12 te verslaan.

Riverstones se voorspelers het goeie besit aan die agterlyn verskaf en alle fasette van die wedstryd oorheers.

Goeie verdediging deur Riverstones se agterlyn het veroorsaak dat Windmeul nooit hul ritme kon vind nie.

’n Groot ligpunt van die wedstryd was die samespel van Riverstones se swaar voorspelers, wat Windmeul se verdediging behoorlik bont laat staan het.

Agterlangs was die wenspan se amokmakers Christopher Mouwers en Jeremy van Neel, wat elkeen ’n drie gedruk het.

Voorlangs was dit Patrick Solomons en Garth Paulse wat drieë gedruk het.

Donovan Hougaard het geslaag met een doelskop en ’n strafdoel.

Die tweede span van Riverstones het 33-5 gewen en die derde span het 7-8 verloor.

Eerskomende Saterdag speel Riverstones teen Violets op Daljosafat D. Die klub hou Saterdagaand ’n dans by Jeff’s Pub (R15).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za