Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reuse-dwelmvonds in Chicago

Reuse-dwelmvonds in Chicago
 
2009-05-14


DIE Paarl-Oos polisie het vandeesweek die boerpot geslaan toe hulle beslag gelê het op ’n massiewe hoeveelheid Mandrax-tablette.

In die vroeë oggendure van Dinsdag het parate polisiebeamptes van Skof B ’n verdagte man sien stap in Koedoestraat, Chicago. Nadat hulle stilgehou het en hom ondervra het, het hulle op tien Mandrax-tablette in sy besit afgekom.

Met die wete dat hy nou op heterdaad betrap is met onwettige dwelms in sy besit, het die man die aap uit die mou gelaat.

Hy vertel toe vir die beamptes dat dié buit piepklein is in vergelyking met wat by Koedoe-woonstelle 18B aangaan.

Die man is in hegtenis geneem, versterkings is ingeroep en hierdie woonstel is deursoek.

Hier het hulle werklik ’n slag geslaan toe 1127 Mandrax pille gevind is ter waarde van R28 175, en R145 000 kontant daarin. ’n Ongelisensieerde vuurwapen is ook gevind.

Alhoewel die polisie verheug is oor hierdie vonds, krap hulle steeds kop hieroor.

Volgens beamptes is die eienaar van die woonstel nie ’n gekende smokkelaar in die gebied nie, en hy het heel verward voorgekom tydens die klopjag.

Die woonstelhuurder Samuel September is in hegtenis geneem in verband met die dwelms.

* Twee weke gelede het polisiebeamptes, ook in Chicago, op ’n vreemde vonds afgekom, nadat hulle ’n motor van die pad afgetrek het.

Hulle het snuf in die neus gekry oor die blink BMW vanuit Kaapstad wat hiér rondry. Die motor is noukeurig deursoek vir dwelms. Hier is niks gevind nie, maar toe hulle die kattebak oopsluit, het hulle op ’n man daarin afgekom.

Die man was ongedeerd, behalwe vir ’n paar houe wat sy ontvoerders hom toegedien het, en erg geskok.

Die storie het stadig ontvou toe die slagoffer vertel het dat hy vroeër die dag ontvoer is in Delft, terwyl hy by ’n kitsbank geld onttrek het. Die verdagtes het sowat agt ure lank met hom in die kattebak rondgery, voordat hulle deur die polisie aangekeer is. Die drie mans is in hegtenis geneem.

* Paarl East police have seized a large amount of Mandrax and drug related cash.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za