Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paulus sink New Orleans

Paulus sink New Orleans
 
2005-08-11


DIE eerste span van Paulus Joubert Sekondêr het verlede Woensdag voor ’n groot skare op Daljosafat Stadion vir New Orleans 15-3 geklop.

Die wedstryd is gekenmerk deur hardnekkige verdediging deur beide spanne.

New Orleans se gebrek om hul kanse om punte aan te teken te gebruik, het dié span gekelder.

In teenstelling daarmee het Paulus elke geleentheid wat daar in hulle rigting gegooi is, met altwee hande aangegryp.

Paulus het dan ook eerste bloed geruik toe die Cravenweek-flank, Alrick Armenville, ná ’n blaps van die NO-skrumskakel, gaan druk het.

Bradwell Swartz (losskakel) kon nie verdoel nie.

Kort voor rustyd slaag NO met ’n strafskop maar Paulus se Swartz slaan onmiddellik terug met ’n skepskop om die rustydtelling 8-3 te maak.

In die tweede helfte het NO verwoed aangeval, maar is telkens deur Paulus se verdediging in die bek geruk. Dit was veral die lynskoppe van Swartz wat die NO-spelers telkens teruggedryf het.

’n Laaste verbete poging van NO om punte aan te teken het skipbreuk gely toe die Paulus-slot, Adrian Solomons, die bal onderskep en 50m ver nael vir sy drie.

Swartz slaag met die doelskop om so die sege te verseker.

Benewens Paulus se Solomons en Swartz het Annaud Meyer ook ’n goeie vertoning gelewer.

New Orleans se staatmakers was Grant Paulse (skrumskakel), Eaton Marthinus (heelagter) en Glenton Cupido (vleuel).

Paulus het Saterdag ook ’n naelskraap 14-10 oorwining oor die Engelse toerspan van Brighton College behaal.

Die besoekers se voorhoede was veels te sterk vir Paulus en dit is beklemtoon deur die twee oordryfdrieë wat hulle gedruk het.

Paulus kon egter met die slim gebruik van die steekskoppies hul swaarder teenstanders laat omdraai en genoeg geleenthede skep om twee drieë te druk.

Allister Galant (vleuel) en Adrian Solomons (flank) het die Paarliete se drieë gedruk, met Swartz wat albei verdoel het.

Paulus speel vandag om 16:00 hul laaste wedstryd teen Hoërskool Labori, voor hulle volgende Saterdag in hul derby teen Noorder-Paarl Sekondêr te staan kom.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za