Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Clayton se toekoms blom

Clayton se toekoms blom
 
2009-05-14

Jaco van Wyk

VANUIT die heelagter-posisie het Clayton Blommetjies ’n koel kop op sy skouers. Hy hardloop die perfekte lyne, sy aangeewerk is suiwer en as hy aanlê pale toe, mis die 18-jarige Paarliet selde.

Saam met sy oorvloed talent, het verlede jaar se eerstespan-kaptein van New Orleans Sekondêr boonop ook iets wat geen afrigter hom kan leer nie, naamlik passie.

Hy is ’n natural footballer, soos die Engelsman sal sê, en Blommetjies erken self dat dit seker sy “spoed en flair is” wat gemaak het dat die Blou Bul Rugby-unie so gretig was om sy dienste te bekom.

Blommetjies kook van talent, dus was dit ook geen verrassing toe hy, wat nog o.19 is, onlangs ingesluit is in die SA o.20 oefengroep van 28 spelers nie.

Blommetjies is tans saam met die Jong Bokkies op ’n oefenkamp in Saldanha, waar hulle hard aan die sweet is vir die Junior Wêreldbeker wat volgende maand in Japan plaasvind. Die groep vertrek einde Mei.

Hoewel die groep nog met twee spelers moet krimp, is dit waar wat die spanbestuurder van die SA o.20’s, Willem Oliphant, sê, dat dit “reeds ’n reuse prestasie is om as o.19-speler in die o.20-oefengroep ingesluit te word.”

Hoewel niemand die perd voor die kar wil span nie, lyk dit egter of Blommetjies nie in Jan Tuisbly se karretjie gaan ry nie.

Blommetjies is boonop net so optimisties.

“Vir my is dit in die eerste plek net ’n groot eer om deel van die SA-span te wees, maar die span se doelwit is om die beker huis toe te bring.”

Om ewe skielik vir die Bulle te skreeu was nie ’n groot aanpassing vir Blommetjies nie.

“Ek was nog nooit ’n WP-ondersteuner nie en droom al van kleintyd af om ’n BlouBul te word,” sê hy.

Hoewel hy streef na hoër louere, soos om vanjaar deel te wees van die Blou Bulle se Curriebeker-groep, is Blommetjies ’n nederige persoon. Hy sal nooit sy eie beuel blaas nie en glo dat hy iets ander na die rugbyveld bring as net sy talent.

“Ek hou daarvan om te dink dat ek vriendskap na die span bring,” sê Blommetjies.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za