Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Erfenis-ekspo by Paarl Mall bied pret

Erfenis-ekspo by Paarl Mall bied pret
 
2009-05-14


NA verlede jaar se suksesvolle eerste museum- en erfenisekspo in die Paarl Mall, word dit vanjaar nog groter. Die word aangebied deur Paarl Museum en die Afrikaanse Taalmuseum (ATM) van 14 tot 17 Mei, ter viering van Internasionale Museumdag.

地 Ryk en uiteenlopende verskeidenheid van museum en erfenis-instellings van die Wes-Kaap gaan kom deelneem en vanjaar kan besoekers maar gereed maak vir 地 paar onverwagse verrassings, soos 地 lewende anaconda, mediese instrumente uit 地 vorige era, oeroue walviswerwels, asook rekenaarspeletjies. Dit is net 地 paar van die verrassings!

Nog ander museums wat sal deelneem tydens die ekspo is Robbeneiland, Iziko, Visbaai, De Poort, Koinonia, Stellenbosch, Franschhoek en Distrik Ses.

Besoekers kan ook aktief deelneem aan aktiwiteite.

Die doel van die Museum- en Erfenis-ekspo is om museums se werksaamhede aan die publiek bekend te stel en die siening te verander dat museums stowwerige en oninteressante plekke is.

Die organiseerders wil met die Ekspo ouers aanmoedig om hul kinders na museums te neem om hul erfenis te ontdek en 地 trots daarvoor te ontwikkel.

Die Ekspo word ondersteun deur Paarl Mall, Paarl Toerisme, Kaapstad Toerisme en die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (wat die vervoer van ongeveer 300 laerskoolleerders vir 地 besoek aan die Ekspo borg).

Kontak Ingrid Maritz by 021-872-3441 of Elizabeth Bowes by 021-872-2651.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za