Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl se groot drie knak

Paarl se groot drie knak
 
2009-05-14

Jaco van Wyk

DAT die kompetisie die afgelope naweek taai was vir die drie kragrugbyskole van die Paarl, Hoërskool Gimnasium, Hoër Jongenskool Paarl en Hoër Landbouskool Bo­land, is ongetwyfeld.

Nie een van die drie spanne kon oorwinnings behaal oor hul opponente nie, met Gim en Landbou wat hulself ongelukkig kan ag teen Paul Roos en Bishops onderskeidelik, terwyl Grey-kollege van Bloemfontein eenvoudig te sterk was vir die Boishaaiers.

Op die Markötter-stadion in Stellenbosch het die Gimmies met 36-47 hul moses teëgekom teen Paul Roos Gimnasium.

Hoewel Gim aanvanklik in beheer van sake gelyk het met die rustydtelling op 19 elk, het Paul Roos se agterspelers stadig maar seker hul ritme gevind om uiteindelik sewe drieë teen die Paarliete in te ryg.

Op Bloemfontein het die manne van HJS harde klippe gekou toe hulle teen die nommer een skool in die land, Grey, met 50-8 slae gekry het.

Ná Hoër Landbouskool Boland twee naweke gelede ’n puik 45-6 oorwinning oor Stellenberg behaal het, kon hulle die pas-afgelope naweek nie hul wenmomentum voortsit nie, toe hulle met 15-19 vasgeval het teen Bishops.

Landbouskool het egter ’n paar skoppe na die pale verbrou, wat maklik die uitslag in die Bolanders se guns kon geswaai het.

Op ’n positiewe noot vanuit ’n plaaslike oogpunt, het Hugenote Hoërskool met 38-13 geseëvier teen Durbanville.

Vir New Orleans Sekondêr het die losskakel Bjorn Kidd vier strafskoppe en ’n skepdoel behaal in sy span se 20-17 oorwinning oor Schoonspruit Sekondêr.

Die vleuel Divan Jelander het New Orleans se enigste drie van die wedstryd gedruk.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za