Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Landloopatlete mik vir plek in Boland-span

Landloopatlete mik vir plek in Boland-span
 
2005-08-11


Die hoogtepunt van die plaaslike landloopseisoen, die Boland Landloopkampioenskappe, vind Saterdag by Allandale Korrektiewe Dienste in die Paarl plaas.

Daar word verwag dat meer as 1000 atlete sal deelneem, met die hoop om medaljes te verower en in die Boland-span opgeneem te word.

Na afloop van die kampioenskappe sal ’n Boland-span gekies word wat die provinsie op 17 September by die nasionale kampioenskap in Bloemfontein sal verteenwoordig.

Die keurders sal veral fokus op die kies van spanne in die 15, 17, 19, 21 en senior kategorieë.

Volgens Richard Stander, uitvoerende hoof van Boland Atletiek, sal dit die eerste keer sedert 1994 wees dat daar weer op nasionale vlak in die o.21-kategorie om medaljes meegeding word.

“Die o.21 afdeling word weer op die program aangebied om te verseker dat jong, belowende, senior-atlete vir die sport behoue bly,” verduidelik Stander.

Tydens die drie landloopproewe wat reeds vanjaar plaasgevind het, het verskeie atlete gewys dat hulle ’n sterk kans staan om in die provinsiale span opgeneem te word.

Die keurders se finale besluit sal egter eers geneem word nadat hulle Saterdag se vertonings in ag geneem het.

Die plaaslike atlete wat reeds die keurders se oog gevang het, is Janine Conradie (Paulus Joubert SS), Dewayne Mouries (Groenberg SS), Henrico Rooi (New Orleans SS), Karin Levack (Weltevrede), Imke Kriel (La Rochelle MS), Godwill Blou (Weltevrede SS), Malizole Mpayipheli (Desmond Tutu SS), Melissa Rossouw (La Rochelle MS), Elizabeth Louw (La Rochelle MS), Madelein Nel (Saldanha AK), Alphonso Primo (Maties AK) en Nathan Beukes (Maties AK).
Boland Atletiek beplan om ’n span van sowat 65 atlete na die SA Kampioenskappe te stuur.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za