Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland jonges lyk reg

Boland jonges lyk reg
 
2005-08-11


HUL afrigters is tevrede dat die Boland o.21 rugbyspan vanjaar beslis ’n goeie kans staan op bevordering na die A-liga.

Die Boland kompeteer tans teen Grens, Griffons, Valke, SWD en Griekwas in die nasionale B-liga.

Die WP, Blou Bulle, Gauteng, Natal, OP en Vrystaat speel almal in die A-afdeling.

Die Boland se jongspan het in ’n opwarmingswedstryd teen die WP baie goed vertoon.

Hoewel die WP 25-21 gewen het, was die Bolanders baie kompeterend.

“Die ouens se verdediging was uitstekend. Die spelers se vaardigheidsvlakke is baie beter as verlede jaar dié tyd,” sê die spanbestuurder, Ian Cloete.

“Die samespel tussen die voor- en agterspelers was ook baie goed as mens in ag neem dat hulle nog net twee oefeninge vooraf gehad het.”

Veertien van die groep van 30 is afkomstig van die drie plaaslike rugbyklubs, Roses United, Wellington en Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) se kampus op Wellington.

Die spelers is Jaco Bosman, Henko Fourie, Gideon Louw, Gareth Raft, Leopold van Zyl (Wellington), Burton Abrahams, Claud Arendse, Marvin Manus, John-Lee Nortje, Jaquin Ruthford, (Roses United), Christo de Witt, Gawie Joubert, Otto Luck, en Adriaan Oberholzer (CPUT). Nog 'n Paarliet, Oswald Thomas (Delicious) is ook in die groep.

Die Boland o.21-span speel hul eerste wedstryd op 27 Augustus teen Grens op Wellington.

* Die o.21 span sal hoop om Boland Kavaliers se voorbeeld na te volg wat danksy ’n 36-28 sege oor die Valke op Brakpan Vrydagaand met 16 punte na die Top Agt afdeling van die Curriebeker-reeks deurgedring het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za