Sewes-skouspel by KN
2009-05-21
EERSKOMENDE Saterdag, vanaf 09:30 tot 16:00, word die Klein Nederburg Sekondêr Sewesrugbytoernooi op die skool se velde aangebied. Skole wat saam met Klein Nederburg aan die toernooi gaan deelneem, is Bergrivier Sekondêr, Groendal Sekondêr, Kylemore Sekondêr, New Orleans Sekondêr, Paulus Joubert Sekondêr en Wesbank Sekondêr. Die aksie skop af wanneer Paulus Joubert en Wesbank mekaar om 09:30 takel in hul eerste groepwedstryd vir die dag (groepwedstryde is vanaf 09:30 tot 13:10). Klein Nederburg se eerste groep-wedstryd skop om 10:10 af teen Bergrivier. Die eerste plaat-halfeindstryd word om 14:10 beslis, met die eerste bekerhalfeindstryd om 14:50. Die eindstryde van die plaat en die beker is om 15:30 en 16:00 onderskeidelik, met die prysuitdeling wat om 16:30 sal geskied. Toegang is R10 (R5 vir voertuie en R5 vir leerders).
More
News
|