Old Boys’ Classic in goeie gees
2009-05-21
NA vier jaar van praat, reël en bespiegel, het die heel eerste Old Boys’ Classic krieketwedstryd onlangs gerealiseer toe die ou manne van Gim en HJS swaarde gekruis het. Dié geskiedkundige wedstryd het op die veld voor HJS se skoolgebou plaasgevind. Gim het die loot gewen en HJS ingestuur om eerste te kolf. HJS het hul kolfbeurt geëindig op ’n skaflike 152 na 20 beurte. Met Gim aan die kolf het die wedstryd in ’n ware riller ontaard. Die wedstryd was tot teen die einde in die weegskaal, met Gim wat uiteindelik 3 lopies van 6 balle benodig het om te seëvier. Met al HJS se veldwerkers binne die sirkel om enige enkellopies te voorkom, het dit gelyk of die tuisspan die wedstryd in die sakkie het - totdat die tweedelaaste bal geboul is. Gim se kolwer het ’n vier gemoker om aan sy span ’n oorwinning van een paaltjie te besorg. Die doel van die wedstryd was egter om die gees lewend te hou en na die tyd het almal lekker saam gekuier.
More
News
|