Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laer Paarl Blues klop Allandale

Laer Paarl Blues klop Allandale
 
2009-05-21


NA ’n blitsvinnige begin waar twee drieë binne die eerste tien minute deur Blues gedruk was, sou ’n mens verwag dat dié span ’n reuse-telling teen Allandale sou opstapel.

Die tuisspan het egter konsentrasie verloor in die tweede helfte en die wedstryd met 25-13 gewen.

Blues sal moet leer om 80 minute se rugby te speel en sal moet afsien van die gewoonte om drieë ‘weg te gee’ as gevolg van swak, of geen, verdediging.

Drieë gaan ook, soos Saterdag weer die geval was, verlore as gevolg van swak afronding, wat die span waardevolle bonuspunte laat inboet.

Blues is ook geneig om onnodig en onoordeelkundig hul balbesit weg te skop.

Die gietende reën het deels ’n demper op die spel geplaas, maar die ligpunt is dat Laer Paarl steeds op koers is vir die doelwit wat die span homself gestel het.

Daar was oomblikke van opwindende samespel tussen die voor- en agterspelers wat die toeskouers (wat bereid was om hul span in die reën te ondersteun) op hul voete gehad het.

In die tweede span se wedstryd was Blues se kaptein, Wayne Afrika (agtsteman), die groot uitblinker met 4 drieë, in sy span se 49-0 oorwinning oor Allandale II. Die derde span het 5-0 gewen.

Laer Paarl speel Saterdag tuis teen Simondium.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za