Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions tem Silverleafs

Albions tem Silverleafs
 
2009-05-21


DIE Albions Rugbyklub het Saterdag vir Silverleafs in gure weersomstandighede op die Boy Louw-sportgronde aangedurf.

Hoewel die weer dit moeilik gemaak het om aantreklike rugby op te dis, was Albions steeds bereid om die bal lug te gee in hul 19-5 oorwinning oor die besoekers.

Skitterende spel, weereens deur die tuisspan se voorspelers, het daartoe gelei dat Warren Pheiffer (agtsteman) ’n drie in die eerste helfte kon druk om die rustydtelling te staan te bring op 5-0.

Met Albions se lostrio aan die spits in die eerste helfte, het Albions die tweede helfte met selfvertroue binnegegaan.

Albions het aanhoudend druk op hul opponente toegepas deur middel van uitsonderlike skrumwerk en goeie grondspel.

Albions se harde werk het uiteindelik gelei tot drieë vir die voorry Ashwin Williams en die senter Jowaine Cyster.

Curtley Davids het beide die drieë verdoel.

Laat in die wedstryd het ’n hanteerfout deur Albions vir Silverleafs toegelaat om ’n onnodige troosdrie te behaal.

Eerskomende Saterdag speel Albions weg, in Observatory, teen die voorlopers, Silvertree. Die bus vertrek 11:00 uit Groenheuwel.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za