Drakies dwing gesag af
2009-05-21
DIE Drakenstein Vroue-rugbyklub het hulself goed van hul taak gekwyt toe hulle Saterdag die swaar reën oorkom het om ’n 33-5 oorwinning oor Vishoek, op hul tuisveld, te behaal. Die swak toestande het die hantering van die bal maar moeilik gemaak vir die vroue en die rustydtelling was maar 7-0 in die Drakies se guns. Tydens die breuk het die besoekende span, wat tans opgemaak is uit vroue-rugbyspelers vanuit die Paarl, se afrigter die wedstrydplan verander, wat daartoe gelei het dat die Drakies vier drieë in die tweede helfte kon byvoeg. Drakenstein se drieë is gedruk deur Portia Scott (2 drieë), Areesa Grain (2 drieë) en Chrystal Diedericks (1 drie). Theresa Ruiters het vier doelskoppe behaal. Abegail Jantjies was die speler van die wedstryd. Die span van Drakenstein se volgende wedstryd is tuis teen UWK.
More
News
|