Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rugbyklub beur steeds stewig voort

Paarl Rugbyklub beur steeds stewig voort
 
2009-05-21


NADAT Paarl Rugbyklub se eerste span aanvanklik gesukkel het om in die eerste helfte aan die gang te kom, het die voorspelers in die tweede helfte beheer oor die wedstryd verkry om vir Brackenfell uiteindelik met 30-12 te klop.

Die rustydtelling van dié wedstryd wat op Brackenfell beslis is, was 15-12 in Paarl se guns.

Die voorspelers het oudergewoonte die skrums oorheers en in die tweede helfte ook baie goed in die vaste-los gevaar.

Lionel Hugo, wat as plaasvervanger-agsteman op die veld gekom het, het baie goeie dryfspel gelewer en die teenstanders het dit moeilik gevind om hom te stuit.

Edwin Conradie (agtsteman) het ook baie goeie spel gelewer voor hy vervang is en is ook beloon met ’n baie mooi drie.

Die speler van die wedstryd was egter die werkesel-slot, Nico Pretorius, wat in alle fasette uitgeblink het.

Agterlangs het Eugene Francis (skrumskakel) gesorg dat die voorspelers op die voorvoet bly.

Die heelagter, Jaco Immelman, was weer oudergewoonte die veiligheid self en deurgaans gevaarlik as hy by die agterlyn aangesluit het.

Beide senters, Jan Rautenbach en Renier Bester, het uitgetroon op die verdediging.

Paarl se drieë is gedruk deur André-Louis de Villiers (flank, 2 drieë), Lionel Hugo (1 drie) en Eugene Francis (1 drie).

Die losskakel Jacques Hendricks het twee doelskoppe en ’n strafdoel bygedra.

Paarl se tweede span het met 19-3 gewen en sodoende was dit vanjaar die eerste keer dat daar punte teen dié span aangeteken is.

Paarl se derde span het 44-0 gewen.

Die haker, Johan Aggenbach, is as Paarl III se speler van die wedstryd aangewys, terwyl Phillip Boyder (flank) ook baie goed gespeel het.

Paarl speel Saterdag op Faurestraat teen die voorlopers op die punteleer, Belhar. ’n Baie harde wedstryd word in vooruitsig gestel.

Paarl se vierde span sal reeds vanaf 12:15 op Faurestraat in aksie wees teen Wesbank (Malmesbury) in ’n vriendskaplike wedstryd.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za