INSKRYWINGS word ingewag vir die Mej Boland Doof-skoonheidskompetisie.
Vanjaar is die tweede jaar wat dié kompetisie sal plaasvind in die Boland-streek en meisies tussen 18 en 24 jaar wat doof is, kan inskryf.
Die wenner en haar twee prinsesse kom in aanmerking vir deelname aan Mej Suid-Afrika Doof in Hoedspruit. Inskrywings beloop R20 per persoon.
Geen getroudes of meisies met afhanklikes kom in aanmerking vir die kompetisie nie. Sy moet ook ’n Suid-Afrikaanse burger wees.
Die kompetisie vind vanjaar plaas gedurende die Week vir Dowes in September.
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Saterdag 30 Mei. Vir meer inligting, kontak T Fielies by 072-031-2201 of by 023-346-5003.