Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vroue kuier met Nataniël

Vroue kuier met Nataniël
 
2009-05-21


OP Saterdag 30 Mei vanaf 09:00 word daar saam met vriendinne gelag en hare laat sak om ronde tafels by Bloemhof Meisieskool op Stellenbosch se nuwe sentrum tydens ’n pretoggend ten bate van SA Kindersorg.

Die seremoniemeester is pretprater, Elsabé Aldrich, en die gassprekers is bekkige Nataniël wat kaalkop die waarheid oor styl gaan praat, asook blomstilis Alwijn van Okkasie Blommewinkel.

Die gaskunstenaar is flambojante sangsensasie, Zanne Stapelberg.

Die kleredrag is kief of kitsch – volg jou binnestem!

Daar is ’n prys vir die deftigste en een vir die uitspattigste uitrusting.

Kostes om die geleentheid by te woon beloop R350 per persoon (met vele verrassings op die dag se spyskaart). Besprekings en navrae kan gedoen word by Marianna by 021-863-2406 of 083-302-5612 of custadm@mweb.co.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za