’n SKOENLAPPER van mosaïek met krale, teëls, spieëls en klei-insetsels op ’n houtagtergrond is die tema vir die volgende mosaïekklasse wat op 27 en 28 Mei aangebied word in die Paarl.
Na baie belangstelling in haar mosaïekklasse het Desiree Malan besluit om nog drie klasse aan te bied.
Die eerste klas is Woensdag 27 Mei vanaf 09:00 tot 12:30 by De Clerq Art Supplies, Dwars-in-die-Weggebou, Hoofstraat, Paarl.
Die ander twee klasse word op Donderdag 28 Mei vanaf 09:00 tot 12:30 en 18:30-21:00 aangebied by die Breytenbach-sentrum, Malherbestraat, Wellington.
Die kostes beloop R180 en alle materiaal en gebruik van toerusting is ingesluit.
Volgens Malan sal jy jou kunswerk kan hang teen ’n muur of selfs as ’n potstaander kan gebruik.
Besprekings moet voor 12:00 Maandag 25 Mei per sms na 082-8623-649 of per e-pos (desireem@lando.co.za) gemaak word.