Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kuns Dagboek

Kuns Dagboek
 
2009-05-21


* Theatre. The theatre production Final Whistle is presented at the Old Mill Theatre on 22 and 24 May at 19:30. Sam a young confused convict had a traumatic and abusive childhood. He is visited by sister Mary whilst on deathrow. Will Sam put his life in God’s hands?

Tickets cost R30 and bookings can be made with Bradley on 073-8173-397 or Ilse on 073-174-3389.

* Exhibition. An exhibition of found objects, washed up on the coastline and gathered over time, are now transformed into sculptures, mobiles, canvases, photographs and sand by Blue de Gersigny and will be exhibited from 23 May to 12 June at the Breytenbach Centre in Wellington.

* Swing. Emo Adams en Niël Rademan is op Saterdag 23 Mei by Die Boer in Durbanville te sien. Hulle sing hul gunsteling goue ou treffers met die nodige flair wat van swing-musiek verwag word.

Maak jou gereed vir die wegpink van ’n traan of twee vir die swing-weergawes van immergroen liedjies soos Groen Koringlande, Jantjie, Sawends en Boereseun.

Die standaard jazz-swing liedere soos Hello Dolly en Fly Me To The Moon sal ook hul verskyning maak. Besprekings kan gedoen word by 021-979-1911.

* Keramiek. Justin Kerrod is in die proses om ’n boek te publiseer oor hoe 20ste eeuse Suid-Afrikaanse keramiekware gewaarmerk en geteken word. Kerrod doen Saterdag 23 Mei om 11:00 ’n rondleiding by Red Black and White gallery in Stellenbosch. Die uitstalling sluit werke in van Kalahari, Linnware, Rorke’s Drift, Esias Bosch, Hyme Rabinowitz, Tim Morris en Andrew Walford. Skakel Janri by 021-886-6281 vir meer inligting.

* Sing. Laurinda Hofmeyr tree op Donderdag 28 Mei in Hoër Jongenskool se skoolsaal op in die produksie “Asof vir die eerste keer”. Daar sal ook ’n paar van Hoër Jongenskool se leerders optree.

Kaartjies is R40 en besprekings kan gedoen word by Marissa van Zyl by 083-4130-119.

* Teater. Zanne Stapelberg en James Grace is op 30 Mei om 20:30 te sien by die Dorpstraat-teater. Kaartjies is R100 by 021-886-6107 gedoen word.

* Uitstalling. ’n Kunsuitstalling van Anya Adendorff, Madelein Marincowitz en Anthony Sherratt is te sien by die Dorpstraatgalery op Stellenbosch tot 31 Mei.

* The art exhibition of Jacques Dhont and Nicolaas Maritz can be viewed at The Gallery at Grande Provence in Franschhoek from 31 May to 30 June. For information visit www.grandeprovence.co.za.

* Konsert. Chevonne Williams, ’n sangstudent van Mimi Haasbroek, bied haar eerste solo-konsert aan op Saterdag 23 Mei om 19:00 by die Ou Meul-teater. Kaartjies is R60 en sluit verversings in. Vir besprekings kontak Chevonne by 071-1995-867 of Mimi Haasbroek by 082-5850-632.
* Konsert. ’n KONSERT getitel Classics 2 Cabaret word op 28 Mei in die ouditorium van Gimnasium aangebied om 19:30 met sanger André Terblanche. Johann Enslin en Winand Grundling sal op die klavier wees en Petrus Coetzee op viool.

Die opbrengs is ten bate van Hoërskool Gimnasium se gospelband G4J (Gimnasium-vir-Jesus) wat in Junie op ’n uitreiktoer na Namibië gaan.

Kaartjies kos R35 (R20 vir skoliere of studente). Bespreek by Musik-Lood by 021-872-1610.
* Vertoning. SANGER Jak de Priester is op 4 Junie om 20:00 terug by die Breytenbach-sentrum met ’n splinternuwe vertoning, Groen Mamba, wat beloof om net so energiek en meevoerend soos sy vorige vertonings te wees.

Kaartjies vir die vertoning is R80.

* Op 6 Junie om 20:00 is Luna Paige daar. Luna laat niemand onaangeraak deur haar ryk stem en skerp lirieke nie. Kaartjies is teen R70 by die deur beskikbaarF.

Om vir enige van die vertonings te bespreek, skakel 021-808-2901, stuur ’n e-pos na teater@breytenbachsentrum.co.za. Besoek www.breytenbachsentrum.co.za vir meer inligting.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za