’n KUNSNAWEEK word op 22 en 23 Mei deur die Drakenstein Kunsvereniging by die Breytenbach-sentrum in Wellington aangebied.
Op Vrydag 22 Mei vanaf 15:00 tot 17:00 word ’n portretstudie-werkswinkel deur Trevor Cleeveley aangebied.
Vanaf 18:30 tot 19:30 kan jy kom luister na Dalene Buckle se tienpuntplan vir die beplanning en uitvoering van ’n skildery.
Op Saterdag 23 Mei om 09:00 tot 12:00 word ’n stillewe opgestel en die nodige kunsmateriaal (esels, potlode, verf, papier) sal beskikbaar wees vir gebruik deur belangstellendes.
Jy sal op jou eie werk fokus, maar kan natuurlik raad vra en gee aan die ander deelnemers.
Vanaf 15:00 tot 17:00 sal ’n model (gekleed) poseer vir persone wat haar wil teken of verf. Kunsmateriaal sal beskikbaar wees vir gebruik.
Daar sal ’n verskeidenheid kunsmateriaal beskikbaar wees wat jy op jou eie kan gebruik gedurende die twee dae.
Kostes vir nie-lede is R50 en R25 vir lede (ongeag hoe lank of hoeveel sessies u bywoon).
Kontak Desireé Malan by 082-8623-649 indien jy die kunsnaweek wil bywoon.