Talle geniet koorfees op Wellington
2009-05-21
MEER as 300 mense het die groot koorfees van die NGK Wellington-Noord verlede week bygewoon. Altesaam ses kore en twee orreliste het aan die uiters geslaagde fees deelgeneem. Die fees is gereël deur Johann Enslin, orrelis van Wellington-Noord, om die inwyding van die kerk se orrel vyftig jaar gelede te vier. Die kore wat aan verlede week se koorfees deelgeneem het, was die senior en junior kore van die Laerskool Hugo Rust en Hugenote Laerskool, die koor van Hugenote Hoërskool en die koor van die Moedergemeente Wellington. Die twee orreliste wat deelgeneem het, was Johann Enslin en Winand Grundling. * ’n Aangrypende uitvoering deur Zorada Temmingh op die orrel vind op Dinsdag 28 Julie in die kerkgebou plaas. In die uitvoering improviseer die orrelis die klankbaan van die destydse stomfilm van Phantom of the Opera, terwyl die gehoor na die oorspronklike stomfilm kyk. Kaartjies is R50 en besprekings kan by 021-873-2763 gedoen word.
More
News
|