Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipale werkers 'vat kanse'

Munisipale werkers 'vat kanse'
 
2009-05-21


MUNISIPALE werkers neem tans vet kanse om ’n ekstra paar sent in hul sak te sit.

Huiseienaars, veral in Wellington, vertel dat munisipale werkers wat in buurte werk om strate en sypaadjies netjies te hou, gereeld by hulle aanklop en hul dienste aanbied om tuinvullis en rommel weg te ry.

Wanneer daar navraag gedoen word oor die betaling, sę hulle telkens dat die Munisipaliteit baie hiervoor gaan vra. Hulle stel voor dat daar met die drywer van die trekker onderhandel moet word om ’n ‘ietsie te betaal’, dan sal hulle dit wegry.

Een vrou vertel dat toe sy vir hulle daarop wys dat dit ontoelaatbaar en oneerlik is, antwoord hulle eenvoudig “die een hand was die ander!!”

Van hierdie voorvalle is by die Munisipaliteit aangemeld. Hier erken hulle dat dit ’n groot probleem is.

Hulle maan dus die publiek om nie van hierdie oneerlike diens gebruik te maak nie, maar om eerder die munisipale trekker se registrasienommer aan te teken en dit aan hulle te rapporteer by 021-807-4715. Sodoende kan dissiplinęre stappe teen die oortreders gedoen word.

“Daar is juis soveel werk om Drakenstein skoon en netjies te hou. Hulle kan nie bekostig dat tyd en geld en middele so misbruik word vir eie gewin nie!” sę ’n Wellingtonner.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za