Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ashley Juries sit lank

Ashley Juries sit lank
 
2009-05-21

Lise Beyers

’n JONG man sal vir die volgende 28 jaar agter tralies sit, ná die moord op sy vriendin verlede jaar op Franschhoek.

Op 13 April is Monique Samuels se lewe wreedaardig kortgeknip toe sy vyf keer deur haar voormalige minnaar, en pa van haar jong dogtertjie, geskiet is in ’n Groendal-woning in Franschhoek.

Die drama wat dié dag ontvou het, was waarskynlik die oorsaak van ’n kombinasie van drank, dwelms en jaloesie.

Ashley Juries, toe 23 jaar oud, het die dag vir Samuels in haar suster se woning in Coup de L’Eaustraat gevangene gehou.

Sy het hier tuisgegaan juis om weg te kom van Juries, wat nadat sy vir hom die trekpas gegee het, vir haar onophoudelik geteister het, en selfs aangerand het.

’n Buurman het die polisie ontbied en hulle het probeer onderhandel met Juries dat hy homself aan hulle oorgee, maar hy het daarop geantwoord deur verskeie skote op hulle te skiet.

Na sowat ’n uur het Juries uiteindelik sy vuurwapen by ’n venster uitgegooi en die polisie het die huis bestorm. Hier het hulle op die bebloede liggaam van Samuels afgekom.

Juries is skuldig bevind in die Kaapse Hooggeregshof op sewe aanklagtes, onder andere van aanranding, moord en besit van ’n onwettige vuurwapen. ’n Totaal van 51 jaar tronkstraf is aan hom opgelê. Hy sal effektief 28 jaar hiervan uitdien.

Juries was volgens inwoners van Groendal ’n bekende dwelmsmous wat nie net handel gedryf het in Tik nie, maar self daaraan verslaaf was.

Juries se lewe is tipies van ’n belowende jongmens wie se lewe in duie gestort het weens hierdie dwelm.

In hofdokumente is daar aangevoer dat hy as leerder aan Groendal Sekondêr ’n ywerige student, asook kranige rugbyspeler was, wat onder andere aan o.19 proewe vir Boland gespeel het.

Ná skool het hy begin werk, maar na ’n jaar het hy in die strik van dwelms getrap.

Hy en Monique was sedert hul skooldae by mekaar betrokke en uit hul verhouding is ’n vierjarige dogtertjie, Ashnique, gebore.

Samuels se oudste suster, Claradene Johnson, het gesê dat die familie tevrede is met Juries se straf.

“Niks sal ons suster terugbring nie, maar ons is tevrede. Ten minste weet ons dat hy as ’n ou man uit die tronk uit sal stap.”

* A young man will be spending 28 years behind bars, after murdering his previous girlfriend.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za