Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Só verkoop 'n huis gou

Só verkoop 'n huis gou
 
2009-05-28


AS jou huis nóú in die mark is - in ’n tyd waar vraag swak is en dit gemiddeld ses tot nege maande neem om te verkoop - is dit noodsaaklik om die eiendom so verkoopbaar moontlik te maak.

Die algemene siening is dat nou nie ’n goeie tyd is om te verkoop nie, maar huise word steeds vir uiteenlopende redes bemark en daar is inderdaad nou ’n oorvoorsiening van voorraad, sę Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die ERA Suid-Afrika eiendomsgroep.

“Die noodsaaklikheid om ’n huis behoorlik vir bemarking voor te berei was dus nog nooit so belangrik soos nou nie – en enige geleentheid om die verkoopbaarheid van die eiendom te verhoog sonder om jou bankbalans te benadeel behoort dus ernstig oorweeg te word,” sę hy.

“Dit is belangrik om basiese elemente, soos ’n netjiese tuin, skoon matte, ’n nuwe lagie verf, herstel van strukturele defekte ensovoorts, onder die knie te kry. Maar veranderende behoeftes, soos groter selfversorging in dienste, veranderende werkspatrone en dun beursies, dra by tot ’n nuwe en heel ander perspektief oor die verkoopbaarheid van ’n eiendom.

“’n Energiedoeltreffende huis met sy eie kragopwekker en sonwarmwaterstesel sal ooglopend ’n voorsprong in die mark hę. Selfvoorsiening, soos boorgatwater, sal ook waarde toevoeg en die eiendom makliker maak om te verkoop – en dit is glad nie ’n slegte idee om ’n groentetuintjie uit te lę nie.

“Wat die verblyf self betref, kan ’n mens een van die motorhuise in ’n tuiskantoor of kothuis omskep, wat die eiendom beslis in die heersende toestande aantrekliker sal maak. Ons het ook opgemerk dat al hoe meer uitgebreide families huise saam bewoon en genoeg ruimte vir sulke kopers sal ook handig te pas kom.

“Bediendekamers is ook deesdae nie in groot aanvraag nie en die ruimte kan byvoorbeeld goed benut word deur dit in ’n huurwoonstel te omskep.

“Uit ’n veiligheidsoogpunt is dit noodsaaklik om die nodige hekke, heinings en alarmstelsels aan te bring. “Dit gaan alles oor ‘verpakking’ en hoe meer regmerkies ’n eiendom in die lig van hedendaagse vereistes verdien, hoe vinniger sal die eiendom verkoop – en hoe beter sal die prys wees!” sę hy.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za