* Dans. Die Boland-tak van die boeremusiekgilde hou môre vanaf 20:00 tot 01:00 ’n dans met die orkes van Danie Willemse by Laerskool Noord-Eind in die Paarl. Kaartjies is R25 vir lede en R35 vir nie-lede.
Saterdag 6 Junie is hulle takkompetisie by Laerskool Noord-Eind. Vir besprekings, kontak Ciceel Wentzel by 083-3467-083.
* Idols. Die semi-finale ronde van die Schoolz Unite Boland Idols-kompetisie word môre om 19:30 in Bergrivier Hoërskool se saal gehou. Slegs tien deelnemers sal deurdring na die finale ronde wat op 24 Junie in die Wellington Stadsaal gehou word.
Kaartjies is R20.
* Blomme. Die Paarl Blommeklub vergader op Dinsdag om 19:00 by die NG Kerksaal in Denneburg. Die demonstrasies wat gedoen word handel oor inheemse skoonheid en lede doen moderne konstruksie tegnieke. Kontak Erika Mouton Griffiths by 082-8526-661 of 021-981-9727.
* Dementia. Do you need support with the care of someone with dementia? Join Dementia SA’s support group meeting on Thursday 4 June at 10:00 at Groenleegte Medical Centre, 11 Camargue Street, Paarl. They will discuss the challenges of this condition while providing counselling, awareness and support. Contact Dementia SA on 021-421-0077/78.
* Affair. An eclectic series of activities, titled A Franschhoek Affair, will be presented in Franschhoek every weekend in June (Friday to Sunday). They include workshops on glass slumping, raku firing, art, fynbos & photography outings and many more. Contact 021-876-3027 for more information.