Kursus vir subkontrakteurs
2009-05-28
INDIEN jy ’n geregistreerde subkontrakteur is wat meer van besigheid wil leer, kan jy naderstaan vir ’n gratis drie-maande kursus wat by Boland Kollege aangebied word. Sodra die organiseerder 15 belangstellendes het, sal die kursus afskop. Die projek word finansieel geborg deur Seta en die opleiding word deur Tjeka behartig. Dit is ’n Huis van Geregtigheid projek en word deur Tommy Matthee gekoördineer“Die doel van die projek is om opkomende konstruksie-besighede te help om meer effektief te werk. Deelnemers sal leer oor begrotings, kosteberekenings en skedulering van werk,” sê Matthee. Kontak Tommy Matthee by 072-361-6579 of Tyran Matthee by 071-998-9760.
More
News
|