DIE behoefte is geïdentifiseer om die Wellington-gemeenskap aan te moedig om in ’n groter mate betrokke te raak by die ondersteuning van kankerpasiënte en hul families.
Welvisi in samewerking met Cansa beplan ’n ondersteuningskursus wat oor agt halfdag-sessies strek op 3 Junie, 10 Junie, 17 Junie en 24 Junie van 08:30 tot 12:30.
Die koste is R50 per persoon insluitend studiemateriaal. Die kursus sal die persoon in staat stel om met die nodige kennis en vaardigheid die pasiënt en familie te kan ondersteun.
Indien jy belang stel, kontak die plaaslike Cansa-kantoor (Barbara Williams) by 021-873-6358 of bwilliams@cansa.org.za.