Drakenstein word vir drinkwater beloon
2009-05-28
DIE Departement van Waterwese & Bosbou het onlangs die Blue Drop-toekenning aan die Drakenstein Munisipaliteit toegeken vir goeie drinkwater. Dié munisipaliteit is een van slegs 22 uit die 283 munisipaliteite landwyd wat so ’n toekenning ontvang het. Die toekenning word gegee aan munisipaliteite wat aan die SA Standaarde vir Drinkwater voldoen. Dit word volgens ’n kriteria-stelsel beoordeel. Die toekenning is vir die “Paarl Mountain” area wat die Paarl-area verteenwoordig. Die “Blue Drop score” vir die area was 95%. Volgens ’n munisipale woordvoerder, het ander areas binne Drakenstein ook goeie gemiddelde punte behaal, met enkele aspekte wat verbeter kan word. Die Bainskloof-area, wat water direk uit die rivier onttrek, het die swakste gevaar. Daar word ’n chloordoseringstelsel beoog om die waterkwaliteit daar te verbeter.
More
News
|