SATERDAG vanaf 09:00 word daar saam met vriendinne gelag en hare laat sak om ronde tafels by Bloemhof Meisieskool op Stellenbosch se nuwe sentrum tydens ’n pretoggend ten bate van SA Kindersorg.
Die seremoniemeester is pretprater, Elsabé Aldrich, en die gassprekers is Nataniël wat kaalkop die waarheid oor styl gaan praat, asook blomstilis Alwijn van Okkasie Blommewinkel. Die gaskunstenaar is flambojante sangsensasie, Zanne Stapelberg.
Kostes om die geleentheid by te woon beloop R350 per persoon (met vele verrassings op die dag se spyskaart).
Besprekings kan gedoen word by Marianna by 021-863-2406 of 083-302-5612.