Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Min besware oor waardasies

Min besware oor waardasies
 
2009-05-28


DAAR is deur 900 van Drakenstein se inwoners beswaar aangeteken teen die plaaslike eiendomswaardasies wat onlangs afgehandel is.

Die Drakenstein munisipaliteit het 42 000 eiendomme in die Drakenstein area deur ’n onafhanklike waardeerder laat waardeer om die munisipaliteit ’n basis te gee om eiendomsbelasting te bepaal.

Die gemiddelde styging in eiendomswaardasie in Drakenstein is 128%.

Wetgewing bepaal dat eiendomme elke vier jaar herwaardeer word, sê ’n woordvoerder van die munisipaliteit. Voorheen is dit elke tien jaar gedoen.

Volgens die waardeerder, Erik Marais van Wellington, verander die mark baie in ’n tydperk van tien jaar en dus is dit beter om dit elke vier jaar te doen.

Daar is 900 besware aangeteken teen die eiendomswaardasies en volgens Marais is dit “maar ’n klein persentasie”.

Die waardasieproses en die bepaling van belasting is twee verskillende prosesse, maar dit word aan mekaar gekoppel. Sodra waardasies styg, word eiendomsbelasting ook aangepas.

“Die waardasie-proses behels onder andere ‘n komplekse ontleding van alle eiendomstransaksies wat oor die voorafgaande jaar binne ‘n bepaalde gebied plaasgevind het.

Hierdie ontleding dui dan ook die persentasie waarde toename binne daardie gebied aan.

Afgesien van hierdie mark-ontleding word fisiese inspeksies van alle eiendomme so ver moontlik gedoen ten einde faktore wat eie is aan spesifieke eiendomme in ag geneem kan word,” sê Marais.

Dan word daar ’n volledige ontleding gedoen van die mark. Daar word gekyk na al die eiendomme in daardie spesifieke gebied en vir hoeveel dit verkoop word.

“Al val die mark na afloop van die waardasie datum, wat nou 1 Julie 2009 is, kan dit nie die waardasie van eiendom affekteer nie.

“Enige verandering na afloop van die waardasie datum sal oor vier jaar in die volgende waardasie gereflekteer word,” aldus Marais

Hierdie waardasies, wat sal dien as basis vir die heffing van belasting, tree op 1 Julie 2009 in werking en bly van toepassing vir die volgende vier jaar.

“Wat sake-eiendomme betref word daar gekyk na die betrokke eiendom se vermoë om ‘n inkomste aan die eienaar te lewer. Hierdie huurwaarde-potensiaal word dan uiteindelik uitgedruk as die waarde van die eiendom,” sê Marais.

Dit word voorsien dat die besware proses voor einde Junie 2009 afgehandel sal wees en alle beswaarmakers sal dienooreenkomstig ingelig word.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za