Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blitzkrieg deur Blues

Blitzkrieg deur Blues
 
2009-05-28


DIE eerste rugbyspan van Simondium het Saterdag vir Laer Paarl Blues behoorlik skrikgemaak toe eersgenoemde, teen alle verwagtinge, ’n 7-6 voorsprong teen rustyd geniet het.

Simondium het egter nie geweet wat hulle in die tweede helfte getref het nie, toe Blues uiteindelik ’n 40-17 oorwinning behaal het.

Simondium het eerste bloed geruik en ondanks die feit dat Blues ongeveer 70% gebiedsvoordeel geniet het, kon hulle in die eerste helfte net nie hul aanvalle in punte omskep nie.

Herhaalde aanvalle deur die agterlyn, asook talle kraglopies deur die agtsteman Donnie Fredericks, kon in die eerste helfte net nie in drieë uitdraai nie, maar in die tweede helfte was dit ’n ander Blues-span wat hul verskyning op die veld gemaak het.

Ses skitterdrieë deur Blues in die tweede helfte is ’n duidelike aanduiding dat daar hard met die spelers gepraat is tydens rustyd.

Die gevaarlike agterlyn van die Blues was uitstekend op dreef, met die plaasvervanger senter, Jovanne Jacobs, wat puik spel in die middeveld gelewer het.

Die losvoorspelers Wayne Afrika se spel verbeter ook weekliks en hy is tans besig om sy stem behoorlik dik te maak met 6 drieë in sy laaste twee wedstryde.

Bronwill Kika was ook met ’n pragdrie beloon ná hy ook goeie spel gelewer het.

Simondium was uiteindelik met ’n troosdrie beloon, maar die skade op die telbord was teen dié tyd reeds te erg.

Blues se tweede span het 34-3 gewen en die derdes het 33-3 gewen.

Saterdag speel Laer Paarl teen Riverstones op die Daljosafat-stadion.

Ná die wedstryd hou Blues ’n funksie by New Orleans se sportgronde.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za