Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl gee top-posisie prys

Paarl gee top-posisie prys
 
2009-05-28


PAARL se eerste rugbyspan het Saterdag ’n gulde geleentheid deur hul vingers laat glip om die agterstand op die punteleer teen Belhar uit te wis.

Paarl was met ongeveer 20 minute se speeltyd oor, nog gemaklik 25-10 voor teen die liga-voorlopers, maar het uiteindelik met 42-28 vasgeval. ’n Oorwinning Saterdag kon van Paarl die liga-voorlopers gemaak het.

Paarl het aanvanklik alle fasette van die spel beheer met Edwin Conradie, eintlik ’n losvoorspeler wat uit nood op slot moes uithelp, wat twee skitterende drieë gedruk het ná goeie ondersteunende spel.

Ondersteuning van die baldraer is juis ’n aspek van Paarl se spel waar hulle vanjaar nog nie goed gevaar het nie.

Gedurende die wedstryd het die senters, Renier Bester en Eugene Kinghorn, verskeie male die opponente se verdedigingslinie oopgevlek, maar weereens het die nodige ondersteuning ontbreek.

Paarl se derde drie is deur die linkervleuel Alewyn Hugo gedruk toe hy met ’n lopie van 70 meter onder sy teenstanders uitgehardloop het.

In die tweede helfte het Paarl hul balbesit begin weg skop en Belhar kon teenaanvalle loods wat tot ’n reeks skouspelagtige drieë gelei het.

Bester, wat ’n doring op die aanval en verdediging was, was die speler van die wedstryd.

Paarl II is steeds onoorwonne ná hulle met 14-5 geseëvier het.

Die derde span was met 31-5 die oorwinnaars teen Belhar III, terwyl Paarl IV met 41-7 gewen het in ’n vriendskaplike wedstryd teen Wesbank.

Paarl speel Saterdag weg teen Hamlets van Mamre.

* Paarl se o.20’s het Saterdag ’n goeie oorwinning van 46-0 oor UWK in Bellville-Suid behaal en in die proses agt drieë ingeryg.

Die eerste punte is vroeg in die wedstryd behaal toe die linkervleuel, Martin Barnard (2 drieë), na ’n goeie agterlyn beweging gaan afrond het.

Martin Verhoeven (senter) het ook twee drieë gedruk en is as die speler van die wedstryd aangewys. Derrick Linde (flank) se goeie ondersteunende spel het hom in staat gestel om die span se ander drie drieë te druk.

Louis Schlechter het twee doelskoppe bygedra en Darryl Heyns (plaasvervanger skrumskakel) het ’n doelskop behaal.

Paarl se o.20’ speel Saterdag weg teen UCT.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za