Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Evergreens Rugbyklub skitter op tuisveld

Evergreens Rugbyklub skitter op tuisveld
 
2009-05-28


DIE eerste rugbyspan van Evergreens (Paarl) het Saterdag op Evergreens Park ’n welverdiende oorwinning van 18-17 behaal oor die voorlopers in die President Liga van die Boland Rugby-unie, Mamre.

Beide spanne is bekend vir hul hardlooprugby en die groot getal toeskouers het beslis waarde vir hul geld ontvang.

Vroeg in die eerste helfte het Evergreens se losskakel Neil Julies met ’n strafskop geslaag om die eerste punte van die wedstryd aan te teken.

Na Evergreens ’n aanval vanuit hul eie kwart geloods het - ’n aanval waartydens bykans die hele span die bal hanteer het - het die senter Llewellyn Swartz puik afgerond om die Paarliete se eerste drie te behaal.

Julies het die drie verdoel om aan Evergreens ’n 10-0 voorsprong te gee.

Mamre het egter teruggeveg met twee drieë, waarvan een verdoel was, om rustyd binne te gaan met ’n voorsprong van 12-10.

Vroeg in die tweede helfte het Evergreens weereens die voortou geneem met ’n skitterdrie deur die flank Regardt Liebenberg, maar ongelukkig vir die Paarliete was die doelskop mis.

Die tuisspan het egter steeds beïndruk met hul hegte en soliede verdediging en moes talle aanvalle van Mamre afweer.

Tien minute voor die einde van die wedstryd het Mamre egter ’n onverdoelde drie behaal om weer die voortou te neem.

Alhoewel Evergreens met elke bal aangeval het, kon hul net nie daarin slaag om Mamre se doellyn oor te steek nie.

Drie minute voor die einde van die wedstryd het Evergreens se Eugene Andries (plaasvervanger flank) die wedstryd beklink met ’n strafdoel, om die eindtelling 18-17 te maak.

Die hele eerste span van Evergreens, wat hul liggame op die spel geplaas het, was aangewys as spelers van die wedstryd. Lucky Stofile, Ashlin De Lange, Willem Cornellisen en Samuel Andries was egter uitgesonder vir hul uithalerspel.

Evergreens II het 5-28 verloor terwyl Evergreens se derde span 13-12 geseëvier het.

Eerskomende Saterdag speel Evergreens op hul tuisveld teen Never Despair van Malmesbury.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za