Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Gardens wen welverdiend teen Vineyards

Young Gardens wen welverdiend teen Vineyards
 
2009-05-28


NADAT Young Gardens verlede week in gietende reën op ’n modderbad Simondium met 29-7 verslaan het, het hulle Saterdag voortgebou en hul wen-momentum behou deur Vineyards met 21-13 te klop.

Dit was van die begin af duidelik dat die twee spanne mekaar geen genade gaan toon nie toe hulle vir die eerste 30 minute in alle afdelings goed teen mekaar opgeweeg het.

Gardens se voor- en agterspelers het goed met mekaar begin kombineer en het verskeie aanvalle op Vineyards se doellyn geloods, maar kon net nie afrond nie.

Gedurende die tydperk was Vineyards egter herhaaldelik gestraf en het Justin van Schoor twee maklike strafskoppe na die pale verbrou.

Van Schoor het egter later in die wedstryd vergoed vir sy blapse deur ’n strafskop oor te klits en ook ’n drie te druk. Aswill Abrahams het dié drie verdoel.

Vineyards het ook verskeie pogings pale toe gehad, maar Enrico Jordaan kon slegs met een strafdoel slaag om die rustydtelling 10-3 in Gardens se guns te maak.

Die afrigters van Gardens, Davey de Kock en Jeff van Schoor, moes rustyd harde woorde gespreek teenoor die spelers aangesien dit in die tweede helfte duidelik was dat hulle meer gefokus en doelgerig gespeel het.

In die lynstane was Denver Smit en Theodore Dombas ’n toring van krag vir Gardens. Hulle het goeie lynstaanballe gewen en ook daarin geslaag om heelwat van Vineyards se balle te steel en te bederf.

Gardens se Denver Smith het met sy seningrige lyfie by geen afbreekpunt teruggestaan vir die groter voorspelers van Vine-yards nie en het verskeie omgekeerde balle bewerkstellig.

Henrich Afrika was self puik met die bal in die hand en het telkemale ver ente veld vir Gardens gewen.

Met die verloop van die spel het Aswill Abrahams twee langafstand strafdoele behaal wat Gardens met 16-3 laat voorloop het.

Abrahams se drie het juis gekom vanaf ’n stukkie individuele briljantheid, toe hy die bal in sy kwartgebeid gekry het, vorentoe geskop het, en opgevolg het. Die spring van die bal het net reg gehop en Abrahams kon onder pale gaan druk.

Vineyards het later in die tweede helfte hul tweede asems gekry en twee onverdoelde drieë gedruk, wat die eindtelling 21-13 in Gardens se guns gemaak het.

Uitblinkers vir Gardens was Denver Smith, Henrich Afrika, Oliver Jacobs, Aswill Abrahams en Ashley Jacobs.

Gardens se tweede span is steeds onoorwonne en het hul wedstryd met 17-6 gewen.

Gardens se derde span het 43-8 gewen.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za