Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses United weer stewig op dreef

Roses United weer stewig op dreef
 
2009-05-28


ROSES UNITED het verlede week, op sy tuisveld, afgereken met die span van Wesbank deur hulle met 23-10 te verslaan.

Met die rustydtelling 10-elk, was hierdie ongetwyfeld die Roses se beste vertoning in ’n lang tyd.

As dit nie was vir ’n paar hanteerfoute nie, sou die Rose nog meer punte teen hul teenstanders opgestapel het.

Die Rose het Wesbank vanuit die staanspoor oorweldig met vurige spel deur die voor- en agterspelers.

Wesbank moes veral voorlangs verwoed verdedig teen die begeesterde voorspelers van die Wellingtonners.

Dit was veral Lourens Oberholzer, die Rose se haker, wat Saterdag baie indrukwekkend vertoon het met sy algemene spel.

Die Rose se twee stutte, Sandile Sijaji en Harold Stewardt, het saam met Oberholzer hul eweknieë van Wesbank behoorlik laat les opsê en gesorg dat die besoekers twee vaskoppe afstaan.

Die Rose se slotpaar van Shane Jacobs en Ignatius Korabie (en ook Shane Jacobs) asook die lostrio bestaande uit Franzil September, Darren Fortuin en Elrich Erasmus, het ook skitterend vertoon.

Agterlangs het dinge ook beter verloop vir die Rose. Dit was veral die skakelpaar van Percival Williams en Stefanus Cedras wat goed op dreef was.

Cedras het by tye die besoekers moedeloos gehad met sy reuse lynskoppe.

Christopher Adams (heelagter) het ook weereens beïndruk met sy algemene spel.

Vir die Rose het Williams, Adams en September drieë gedruk. Cedras was suksesvol met een strafskop terwyl Williams geslaag het met twee doelskoppe en een strafskop.

Die Rose pak eerskomende naweek die span van Delicious op laasgenoemde se tuisveld op Ceres.

Abe Davids, die Rose se afrigter, het laat blyk dat die Rose lugtig is vir Delicious aangesien laasgenoemde altyd ’n moeilike kalant is op sy tuisveld. Hy is egter vol vertroue dat sy spelers die momentum van verlede week sal behou teen Delicious.

Roses United se tweede en derde spanne het ook hul wedstryde gewen met onderskeidelik 13-12 en 10-7.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za