Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skitter-sege vir Young Peoples

Skitter-sege vir Young Peoples
 
2009-05-28


YOUNG PEOPLES het Saterdag op die Daljosafat-stadion ’n goeie vertoning gelewer deur die span van Hands & Hearts met 14-6 te klop.

Peoples se voorspelers het goeie besit aan die agterlyn verskaf en talle fasette van die wedstryd oorheers. Goeie verdediging deur Peoples se agterlyn het veroorsaak dat Hands & Hearts nooit hul ritme kon vind nie.

Peoples se voorspelers het ook deurgaans hul opponente onder druk gehou deur die lynstane van die besoekers te ontwrig en deur goeie omgekeerde besit in die losgemale te bewerkstellig.

’n Groot ligpunt van die wedstryd was die samespel van Peoples se losvoorspelers, wat by tye die verdediging van Hands & Hearts laat bontstaan het met hul dartellopies. Hier was Glenver Kimber en Oswill Thomas Peoples se groot helde.

Ná goeie samespel tussen voor- en agterspelers, het die kaptein, Oswill Thomas, die Tiere se eerste drie onder die pale gaan druk.

Die spanne het gaan rus met die telling op 7-3.

Ná rustyd het die Tiere se heelagter, Dominique Daniels, Hands & Hearts groot probleme veroorsaak met sy teenaanvalle.

Garth Lewis het die Tiere se tweede drie gaan druk ná goeie samespel tussen die voorspelers.

Gebrekkige hantering en swak opsies het egter verhoed dat die Tiere verdere drieë kon druk.

Kort voor die einde het die Tiere se monster stut, Bradley Courtereal, egter deur die voorspelers gebars, maar het sentimeters kort geval van die doellyn.

Die tweede span het met 10-elk gelykop gespeel en die derdes het met 8-12 vasgeval.

Peoples se o.20’s het 3-10 verloor.

Peoples speel Saterdag weg teen Primrose op Rosemead. Die bus vertrek om 10:30 uit Groenheuwel. Kostes is R20 vir toeskouers.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za