Węreldkampioenskappe in sig
2009-05-28
Jaco van Wyk
NA Chrisjan Coetzee die laaste drie of vier jaar ’n gewoonte daarvan gemaak het om onder sy teenstanders uit te roei tydens die WP kampioenskappe, het die 17-jarige snelroeier vanjaar na nóg ’n hoër vlak oorgeskakel. Dié matriekleerling van Hoërskool Hugenote het in April deelgeneem aan die SA proewe, waarna hy met ’n eerste plek in die 500m snelroei-item (K1) en ’n vierde plek in die 1000m snelroei-item, die SA junior snelroeispan gehaal het wat in Julie en Augustus aan die Junior Węreld Snelroeikampioenskappe in Moskou gaan deelneem. Volgens Chrisjan roei sy pa al jare en het hy as kannetjie dikwels vir sy pa dopgehou as hy oefen. “Ek sou elke nou en dan ’n kans kry om self bietjie te roei en ongeveer vyf jaar gelede het ek aangesluit by Paarl Kanoklub,” sę Chrisjan. Chrisjan is van mening dat sy prestasies te danke is aan harde werk en kwaliteit afrigting. “Ek oefen tans saam met Wayne August van Paarl Kanoklub, wat ook betrokke is by die ontwikkelingspan, en ook vanjaar saam met Zoltan Bako van Hongarye. Zoltan het al Noorweë se snelroeispan afgerig, so ek is in goeie hande wat my voorbereiding betref.” Om fiks te bly is volgens Chrisjan ’n groot dryfveer agter sy liefde vir roei. “Ek voel ook dit is ’n groter uitdaging om individueel te kompeteer,” voeg hy by. Chrisjan het vanaf 25 tot 27 April deelgeneem aan die SA Snelroeikampioenskappe by die Nagledam naby Pietermaritzburg, waartydens hy onderskeidelik tweede- en derde gekom het in die 500m en 200m snelroei-items in ’n K1 kano en derde in beide die 5000m en 200m in die K2 kano’s (dubbelkano’s). Chrisjan beoog om nog groot naam in SA roei te maak. “Ek sal graag in 2012 by die Olimpiese Spele wil gaan deelneem,” sę Chrisjan. “Miskien is dit op die oomblik net ’n groot droom van my, maar my afrigters praat my baie moed in en glo dat ek Suid-Afrika se o.23-span vir die Olimpiese Spele sal kan haal - mits ek hard genoeg oefen. “In die nabye toekoms is dit eerstens my doelwit om tydens vanjaar se SA’s in Moskou ’n finaal te haal. ’n Finaal sal ’n reuse prestasie wees aangesien daardie ouens in ’n ander klas is. Dáár is roei baie groter as in Suid-Afrika,” sę Chrisjan. “Volgende jaar, wanneer ek as o.21-snelroeier deelneem, wil ek graag die top drie haal tydens die SA kampioenskappe en ook kwalifiseer vir die węreldkampioenskappe.” Om sy doelwitte in Moskou te behaal, is Chrisjan se ingesteldheid beslis reg op ’n fisiese vlak, aangesien hy elke dag van die week, behalwe Sondae, vir twee en ’n half uur hard aan die oefen is. “Ek volg ’n streng oefenprogram en gaan nog verskeie oefenkampe bywoon ter voorbereiding vir die junior węreldsnelroei-kampioenskappe.” Op ’n geestelike vlak gaan Chrisjan egter staatmaak op die kennis van sy afrigters. “Ek gaan veral luister na wat Zoltan te sę het. Hy het ongelooflike snelroei-kennis op dié vlak.” Chrisjan was gekies vir die Federasiespan wat in Junie aan die Regatta in Bochum, Duitsland, gaan deelneem. Hy het egter besluit om nie deel te neem nie, aangesien dit net voor die węreldkampioenskappe plaasvind.
More
News
|