Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sewes-glorie

Sewes-glorie
 
2009-05-28

Jaco van Wyk

UITEINDELIK! Na tien probeerslae is Klein Nederburg Sekondêr se Sewesrugbytrofee tuis waar dit hoort.

Dit was die tiende jaar dat KN dié gesogte trofee op die spel geplaas het, met verskeie plaaslike skole wat hul vlugvoetigste bemanning na die gasheerskool se velde gestuur het, met die hoop om die groot prys te buit.

Uiteindelik het Klein Nederburg hard geveg om vir New Orleans (2008 se bekerwenners) in die beker-finaal te klop (21-19), terwyl Bergrivier vir Wesbank met 55-7 getrap het om in die plaat-finaal te seëvier.

Die toernooi het bestaan uit twee groepe.

In groep een het die spanne van Paulus Joubert, Wesbank, Noorder-Paarl en Kylemore sake uitgespook om bo te eindig, terwyl Bergrivier, Groendal, Klein Nederburg en New Orleans mekaar die stryd aangesê het in groep 2.

Die spanne het goed teen mekaar opgeweeg en in meeste wedstryde was die uitslag tot teen die einde op ’n mespunt gebalanseer.

Uiteindelik het Noorder-Paarl bo in hul groep geëindig, met Paulus Joubert en Wesbank wat onderskeidelik tweede en derde geëindig het.

In groep 2 het Klein Nederburg sterk kompetisie teen New Orleans oorkom (KN wen 24-12) - hul jaarlikse derby-opponent in die vyftienman kode - om bo te eindig.

New Orleans het tweede geëindig en Bergrivier derde.

Dit het gely tot Wesbank teen Groendal (Wesbank wen 35-19) en Kylemore teen Bergrivier (Bergrivier wen 55-7) in die twee halfeindstryde van die plaat.

In die halfeindstryde van die beker het New Orleans teen Noorder-Paarl (NO wen 21-14) te staan gekom en Klein Nederburg teen Paulus Joubert (KN wen 19-12).

Terwyl Bergrivier maklik klaargespeel het met Wesbank (55-7) in die plaat-eindstryd, het Klein Nederburg ’n veel taaier ontmoeting met New Orleans gehad in die beker-eindstryd.

Gedurende dié wedstryd wou dit heeltyd voorkom of 2008 se kampioene nie graag van die beker ontslae wou raak nie en het New Orleans die tuisspan gedurig op die agtervoet gehad.

Die wedstryd was egter ’n naelbyter soos min, met ’n puik drie in die laaste paar minute deur Leeroy Bitterhout, wat uiteindelik die oorwinning vir Klein Nederburg verseker het - ’n gepaste einde, aangesien Bitterhout, saam met Alvyn Farmer, die tuisspan se groot uitblinkers was tydens dié toernooi.

Klein Nederburg het sodoende die toernooi afgesluit as die enigste onoorwonne span - dus is hulle welverdiende wenners van 2009 se KN Sewesrugbytoernooi.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za