DIE gewilde sangeres Lize Beekman se musiek en liriek het die afgelope paar jaar vlerke gekry en tuiste gevind in die harte van menige musiekliefhebbers.
Met haar onlangse Skouspel en Skouspel Plus optredes het haar “Suidland Gebed” en “Ek het ’n Boer Sien Dans” die gehore meegevoer.
Haar vertoning by die Ou Meul-teater op Saterdag 30 Mei om 20:00 sal treffers van vorige albums insluit, ook hoogtepunte van haar jongste CD “Sit ’n Bietjie Langs My”, en die gehoor kan ook regskuif om enkele nuwe liedjies uit haar pen te hoor!
Lize begelei haarself op kitaar.
Hierdie optrede sal een van die min geleenthede deur die loop van hierdie jaar wees, om hierdie bekroonde sanger-liedjieskrywer in ’n solo-optrede te sien, aangesien hierdie jaar oorwegend gevul is met optredes in samewerking met Amanda Strydom in die produksie ‘Saam’, sowel as ’n landwye toer van Rapport waar sy die verhoog gaan deel met Jannie Moolman, Jak de Priester en Brandon October.
So, maak seker jy en jou geliefdes bespreek vroegtydig om julle plek in die gehoor te verseker.
Besprekings kan gedoen word by Vicky Stemmet by 083-5640-056 of stuur ’n epos na vstemmet@gmail.com.