Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarlse musiektalent saam in gala-konsert

Paarlse musiektalent saam in gala-konsert
 
2009-05-28


DIE Frank Pietersen Musieksentrum se Gala-konsert vind vanjaar Saterdag plaas in die Paarlse stadsaal om 19:00.

By dié konsert sal die Musieksentrum al sy talent en verskeidenheid aan die publiek ten toon stel.

Gewoonlik vind dit later in die jaar plaas, maar aangesien die sentrum hierdie jaar ’n groot projek aanpak in die vorm van ’n musiekblyspel “Fiddler on the Roof” in Oktober, vind die gala-konsert jaar vroeër plaas.

Soos altyd is dit ’n aand wat musiekliefhebbers nie moet misloop nie. Daar sal iets vir almal se smaak wees insluitend kore, orkeste en die Afrika perkussie-afdeling.

Die junior en intermediêre strykers van die sentrum kombineer met die junior blaasorkes, om die sentrum se junior jeugorkes te vorm. Hierdie leerders geniet dit om saam te oefen aan ’n gedeelte uit Mahler se Eerste Simfonie en ’n medley van gewilde Afrika-liedere soos In the Jungle the Lion sleeps tonight, Shosholoza en die Click Song.

Die sentrum se senior strykers sal die gehoor vermaak met uittreksels van Bizet se Opera “Carmen” en die senior blaasorkes sal Chameleon vir Big Band en ’n beweging uit Gustav Host se Suite in Emol Majeur opvoer.

Die Frank Pietersen Jeugorkes sal die gewilde “Nella Fantasie” opvoer met soliste Rowan and Fergus Ayford.

Kaartjies is R50 (R30 vir leerders) en is beskikbaar by Jocelyn Jones in die sentrumkantoor (021-872-2123/4) of by die deur.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za