Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankbare ouers

Dankbare ouers
 
2009-05-28


LANGS hierdie weg wil ons uit die diepte van ons harte ’n groot dankie sê aan die onbekende jongman wat ons dogter, Tessa, se handsak aan haar terugbesorg het nadat sy Saterdagmiddag op ’n trein tussen Dal Josafat en Mbekweni aangeval en beroof is.

Sy moes uit die trein spring by Mbekweni-stasie en sodoende het haar handsak met haar geld en ander besittings in die trein agtergebly.

Die aanvaller het ongelukkig met haar selfoon weggekom.

Ons het hierdie jongman teëgekom op pad na die Wellington-polisiestasie waar hy die handsak wou gaan inhandig.

’n Baie dankbare, maar erg getraumatiseerde dogter het sommer in trane uitgebars toe sy hom sien. Sy het egter nagelaat om sy naam te vra.

Meneer as jy hierdie brief lees, wees verseker van ons diepe dankbaarheid. ’n Groot dankie ook aan die Mbekweni-polisiebeamptes wat haar met groot deernis behandel het.Vivian en Heather Lategan




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za